Ekstra Geriewe

Thys en Yvette van Huyssteen het deur die jare hul gesellige vakansiehuisie op Vleesbaai omskep in 'n gerieflike selfsorg-eenheid vir besoekers en toeriste wat ook die eksklusiewe en unieke skoonheid van dié omgewing wil ervaar. Die gerieflike asbeshuis is net 150 m van die strand en bied 'n asemrowende uitsig oor Vleesbaai, die see en Fransmanshoek. Dit is volledig toegerus met al die nodige huisraad en kombuisware, asook daardie ekstra geriewe soos DSTV, 'n binne- en buitebraai en 'n groot omheinde tuin van 1000 vierkante meter. Thys-hulle het die huis se oorspronklike gesellige karakter behoue laat bly ondanks die aanbouings en vandag is dit die ideale huisvesting vir gesinne of groepe wat 'n rustige vakansie in privaatheid wil geniet. 'n Knus tuiste weg van die huis.

 

 

Die huis bied:
* DSTV ( Bring jou eie kaart )
* Volledig-toegeruste kombuis: Yskas, stoof, mikrogolfoond, skottelgoedwasser, wasmasjien.
* Eetkamer met binneshuise braai-area.

* 2 badkamers.
* 5 slaapkamers.

* Onderdak-stoep/patio met prag-uitsig oor kuslyn.
* Buitebraaigeriewe op die voorste grasperk met 'n prentjiemooi uitsig.
* Tuinstoele en sonsambreel.
* Omheinde (hond-vriendelike) erf van 1000 vierkante meter.

NB: Honde is welkom, maar word nie op strand toegelaat nie.

* Plaaslike supermark binne loopafstand waar daaglikse noodsaaklikhede en aandenkings gekoop kan word